Or see the index
Die ritueel
door Charl-Pierre Naudé
Snaaks hoe dinge met ’n doel gedoen word,
en dan lyk dit so na die skep van chaos
van hier by my tafeltjie waar ek sit en rook.
Daai twee wat vroeër verbygestap het,
die karre wat heen en weer oor die nat teer fluit –
beplanning sit daaragter, hoor.
Alles vergeetbaar, nietemin, van hier, behalwe
die triestige groen bakkie wat nou meer as een keer
aan die voet van die restaurantterras verbygevaar het.
Met sy laaste rit het iemand alleen agter
op die oop bak gestaan, hande seremonieel
op die kajuitreëling, en toegegooi onder ’n swart seil.
Ekstra stadig word daar bestuur, soos in ’n stoet;
toe merk ek dié “passasier”, só kierts, moet
ʼn rekwisiet wees, want g’n ledemaat van hom beweeg nie.
Só moes Julius Caesar op sy strydwa gery het
met die herdenkings van sy seges
jare ná sy dood, onder ’n lanferlap
op pad na die arena as ’n beeld vir die onthulling.
En weer het die ritueel verby gekom (triomfantelik?).
Seker iets by die huis vergeet, kon my nie skeel nie.
Ek fantaseer toe die figuur is ʼn terdoodveroordeelde;
en terwyl motreën uit die bewolktheid neersif
wonder ek wat die wyse van sy teregstelling gaan wees.
Ná my koffie het ek huis toe geloop
en die gedoente weer teëgekom, dié keer by sy eindpunt:
ʼn Lint oor die grasperk het huisraad verdeel.
Die vrou het by haar kind gestaan, en die man daar wat sy seil
styf span oor sy hoop goed op die bakkie, hý het gehuil.
Het Ritueel
door Charl-Pierre Naudé in een vertaling van Willy Martin
Vreemd hoe doelgericht de dingen lopen,
terwijl zij eerder op een chaos lijken
voor wie, als ik, aan een tafeltje zit te roken en kijkt.
Die twee die daarnet langs gekomen waren,
het sissen heen en weer van wielen over nat asfalt—
daar steekt een planning achter, hoor.
Toch wordt van hieruit alles licht vergeten, behalve
dat kleine groene bakkie dat voor de tigste keer
voorbij het restaurantterras is gepasseerd.
De laatste maal stond iemand heel alleen
in de open achterbak, de handen ceremonieel
bovenop de stuurcabinereling, de rest onder een zwart zeil.
Heel traag, als in een stoet, werd er gereden;
pas toen begreep ik dat hij, de ‘passagier’, kaarsrecht,
een rekwisiet moest wezen, geen ledemaat zag ik bewegen.
Zó moet in zijn strijdwagen Julius Caesar voorbijgereden zijn
bij de herdenking van zijn zeges
jaren nà zijn dood, onder een crêpe rouwgewaad
op weg naar de arena waar zijn standbeeld werd onthuld.
En weer trok (triomfantelijk?) het ritueel voorbij.
Zeker thuis wat vergeten, wat kon het mij ook schelen.
Later verbeeldde ik mij dat deze man ter dood veroordeeld was;
en terwijl uit de bewolkte hemel een fijne regen daalde
vroeg ik mij af hoe hij zou worden omgebracht.
Mijn koffie op, kwam ik, op weg naar huis,
dezelfde stoet weer tegen,
dit keer daar waar zijn eindpunt was:
Een lint over het gazon verdeelde het huisgerei.
De vrouw stond bij het kind, en hij, de man die ’t zeil
over zijn goed in ’t bakkie had gespannen, hij huilde.
(vertaald/bewerkt van het Zuid-Afrikaans in het Nederlands door Willy Martin)
In de serie Vertaalvrucht nr. 8
fleursdumal.nl magazine
More in: Archive M-N, Charl-Pierre Naudé, Naudé, Charl-Pierre, VERTAALVRUCHT, Willy Martin
K. Michel (photo j. v. Kempen)
K. Michel
Voorop
voorop
zwemt een piepklein visje
dat gevolgd wordt door
een iets minder klein visje
waarachter eentje
van dertien in een dozijn zwemt
met in zijn spoor
een wat lijviger type
dat op de hielen wordt gezeten door
een tamelijk fors exemplaar
waarvan de sierlijke vinnen overigens
aan zomerjurkjes doen denken
deze nu wordt geschaduwd door
een ronduit groot te noemen vis
die op zijn bek
lorgnetvormige sprieten draagt
als een oude kassier
met in zijn kielzog echt een kanjer
ruw geschat groter
dan een torpedo kleiner
dan een rondvaartboot
maar wel met een spuitgat op zijn kop
en als iedereen dan eindelijk
keurig op een rij zwemt
gestreept gevlekt gespikkeld grijs groenblauw oranje smaragd
begint als door een onzichtbaar teken
– misschien doet de voorste wel blub –
van voor naar achteren het grote happen
C.P. Naudé (photo C. v.d. Walt)
Charl-Pierre Naudé
Voorpunt
aan die voorpunt
swem ʼn piepklein vissie
gevolg deur
ʼn ietwat minder klein vissie
en nog ene agter hom
ʼn valetjie in ʼn honderd
ʼn raps lywiger soort
wat op sy hoede geplaas word
deur ʼn taamlik forse eksemplaar
waarvan die sierlike vinne trouens
aan somerrokkies herinner
en dié se spoor word nougeset gehou
deur pront gestel ʼn volronde vis
wat sy spriete soos die briltoutjies
van ʼn ou kassiere dra
met in sy kielsog sowaar ʼn knewel
by skatting groter
as ʼn torpedo kleiner
as ʼn rondvaartboot
maar darem met ʼn spuitgat op die kroon
en as almal oplaas
behoorlik in ʼn ry swem –
gestreep gevlek bespikkel grys
akwamarien oranje smarag –
begin asof ʼn teken gegee is
– miskien ʼn bloep deur die voorswemmer –
van voor na agter
die groot gebytery
Zuid-Afrikaanse vertaling van het gedicht ‘Voorop’ van K. Michel door Charl-Pierre Naudé
In de serie Vertaalvrucht nr. 7
fleursdumal.nl magazine
More in: Archive M-N, Charl-Pierre Naudé, K. Michel, Literaire Salon in 't Wevershuisje, Michel, K., Naudé, Charl-Pierre, VERTAALVRUCHT
Literaire Salon in’t Wevershuisje het op woensdag 20 Augustus sy tweede aflewering in Tilburg beleef. Die eerste aflewering was op 30 Junie 2013 met die Afrikaanse digteres Heilna du Plooy as hoofgas. Intussen het haar nuutste digbundel, Die stilte opgeskort (2014) by Protea Boekhuis verskyn. Die salon wens haar graag as vorige gas geluk met hierdie mooi ontwikkeling. Op die oomblik lyk dit asof hierdie privaat inisiatief een maal per jaar aangebied sal word.
Vanjaar was die hoofgas die Afrikaanse digter Charl-Pierre Naudé.
Literaire Salon in’t Wevershuisje bly getrou aan sy doel om ’n klein en intieme ontmoetingsruimte te skep ter wille van kontak en inspirasie tussen digters, kortverhaal- of kinderboekskrywers uit drie lande: Suid-Afrika, Nederland en België. Tot dusver is nog net digters uitgenooi – vanjaar ses. Tuis by Carina van der Walt en haar man, Geno Spoormans, word méér as voorlesings uit eie werk verwag. Dit is die waarderende deel. In deel twee van die program word daar van die deelnemers verwag om mekaar se werk te vertaal. Dit is die inspirerende deel. Vertalings sal deur die loop van die volgende jaar op hierdie webwerf gepubliseer word en ook in Ambrozijn – ’n Belgiese literêre blad uit Ieper.
Links Charl-Pierre Naudé en Carina van der Walt. Rechts, zittend, Willy Martin
In kleiner kring is die publikasie van Charl-Pierre Naudé se volgende bundel hier vooruit gevier. Al die lieflike dade (2014) sal in September by uitgewery Tafelberg verskyn. Op die oomblik werk Naudé as as een van die organisasie DAAD se beurshouers in Berlyn. Die Nederlandse gas was K. Michel uit Amsterdam. Albei die digters het gedigte voorgelees wat nog nie in bundels verskyn het nie. Van hierdie gedigte word nou vertaal.
Die derde stadsdigter van Tilburg, Frank van Pamelen, het onderweg terug van sy nuwe uitgewer vinnig ingeval by die Literaire Salon in’t Wevershuisje om ekstra luister daaraan te verleen. Sy ervaring op die podium het na die ander digters toe deurgesyfer en het gesorg vir ’n gemoedelike stemming. Die interessante ooreenkoms tussen Naudé en Van Pamelen is dat albei op die oomblik hulle digterskap uitbrei na ’n ander genre. Naudé werk aan ‘n roman en Van Pamelen se eerste riller sal in die voorjaar van 2015 verskyn.
Digteres Emma Crebolder was vir die tweede agtereenvolgende jaar op besoek by die Literaire Salon in’t Wevershuisje. Nommer drie van haar trilogie Vergeten (2010), Vallen (2012) en nou Verzoening (2014) by uitgewery Nieuw Amsterdam word op 12 September in boekwinkel De Tribune bekend gestel in Maastricht. Uit België was die digter uit Leuven, Willy Martin, ook vir die tweede agtereen voldende jaar op besoek. Nuus vars uit die oond is dat Martin en Van der Walt pas te hore gekry het dat hulle ’n klein, maar bekende uitgewer met ’n goeie reputasie gekry het vir hulle eksperimentele duobundel. Die lang pad wat voorlê is die bevestiging van reeds beloofde borge en redaksionele afronding. Dit demp nie hulle opgewondenheid nie! Webmeester Jef van Kempen uit Tilburg was as waarnemer en as deelnemende digter ook vir ’n tweede maal teenwoordig. Alle vertalings wat voortkom uit Literaire Salon in’t Wevershuisje sal in ’n nuwe stroom publikasies op fleursdumal.nl verskyn.
Laaste maar beslis nie die minste nie was die optrede van Cora van Lierop. As violis reis sy die wêreld rond en is pas terug uit Tsjeggië, waar sy die afgelope agt jaar ’n intensiewe tiendag kursus saam met ander simfonie orkeslede uit Europa gevolg het. Van Lierop het die Literaire Salon in’t Wevershuisje geopen met ’n Siciliaanse dans van Vivaldi. Aan die einde van de middag se eerste deel het Van Lierop en Van der Walt saam twee gedigte onder vioolbegeleiding uitgevoer: Wevershuisje saam met Drobnosti van Antonín Dvořák en Welkom saam met Romanza, ook van Antonín Dvořák.
Dvořák was ’n Tsjeggiese komponis wat Amerika toe geëmmigreer het en lieflike miniature vol heimwee en verlange terug na sy vaderland toe gekomponeer het. Dit het die stemming van die salon pragtig saamgevat. Op 31 Augustus speel Van Lierop as simfonie-orkeslid die nuut gekomponeerde stuk Horses, a gift to mankind. Dit is gekomponeer deur Paul van Gülick na aanleiding van War Horse en die herdenking van die eerste wêreldoorlog. Die uitvoering sal in die Laurentius-kerk in Ulvenhout plaasvind.
Die Literaire Salon in’t Wevershuisje sidder van kreatiewe energie. Van der Walt en Spoormans hoop om in die toekoms hierdie salon én sy besonder inspirerende karakter in stand te kan hou.
fleursdumal.nl magazine
More in: Carina van der Walt, Charl-Pierre Naudé, Crebolder, Emma, Frank van Pamelen, Jef van Kempen, Literaire Salon in 't Wevershuisje, TRANSLATION ARCHIVE, VERTAALVRUCHT, Willy Martin
Thank you for reading Fleurs du Mal - magazine for art & literature