Carina van der Walt: Volledig volmaakte oneetbare kersies
Carina van der Walt
Volledig volmaakte oneetbare kersies
(vir Gerrit Kouwenaar)
hand aan hand dwaal ons
deur galery na galery
langs die Hartbeespoortdam
buite stuifreën dit grys
en silwer oumansbaard
nes destyds in Parys
’n local se gedempte kersies
kitscherig onder sand en skulp
vasgeskilder ontlok opeens
skerpsuur die geur van
’n knalrooi kersietert
in die Champs-Élysées
donkersoet die likeur van
’n kersenbonbon
gevoer met die mond
Mon Cheri
Uit: Nuwe Stemme 5, p.80
Carina van der Walt poetry
fleursdumal.nl magazine
More in: Archive W-X, Carina van der Walt, Walt, Carina van der