In this category:

    FICTION & NON-FICTION - books, booklovers, lit. history, biography, essays, translations, short stories, columns, literature: celtic, beat, travesty, war, dada & de stijl, drugs, dead poets
    SOUTH AFRICAN LIBRARY
    # Archive S.A. literature
    FICTION & NON-FICTION - books, booklovers, lit. history, biography, essays, translations, short stories, columns, literature: celtic, beat, travesty, war, dada & de stijl, drugs, dead poets
    SOUTH AFRICAN LIBRARY
    Bernard Odendaal
    FICTION & NON-FICTION - books, booklovers, lit. history, biography, essays, translations, short stories, columns, literature: celtic, beat, travesty, war, dada & de stijl, drugs, dead poets
    SOUTH AFRICAN LIBRARY
    Breyten Breytenbach
    FICTION & NON-FICTION - books, booklovers, lit. history, biography, essays, translations, short stories, columns, literature: celtic, beat, travesty, war, dada & de stijl, drugs, dead poets
    SOUTH AFRICAN LIBRARY
    Carina van der Walt
    DICTIONARY OF IDEAS
    FICTION & NON-FICTION - books, booklovers, lit. history, biography, essays, translations, short stories, columns, literature: celtic, beat, travesty, war, dada & de stijl, drugs, dead poets
    SOUTH AFRICAN LIBRARY
    Jef van Kempen
    EXHIBITION - art, art history, photos, paintings, drawings, sculpture, ready-mades, video, performing arts, collages, gallery, etc.
    Jheronimus Bosch
    FLEURSDUMAL POETRY LIBRARY - classic, modern, experimental & visual & sound poetry, poetry in translation, city poets, poetry archive, pre-raphaelites, editor's choice, etc.
    MODERN POETRY
    Kempen, Jef van
    FICTION & NON-FICTION - books, booklovers, lit. history, biography, essays, translations, short stories, columns, literature: celtic, beat, travesty, war, dada & de stijl, drugs, dead poets
    SOUTH AFRICAN LIBRARY
    Literaire Salon in 't Wevershuisje
    FICTION & NON-FICTION - books, booklovers, lit. history, biography, essays, translations, short stories, columns, literature: celtic, beat, travesty, war, dada & de stijl, drugs, dead poets
    SOUTH AFRICAN LIBRARY
    T .T. Cloete
    FICTION & NON-FICTION - books, booklovers, lit. history, biography, essays, translations, short stories, columns, literature: celtic, beat, travesty, war, dada & de stijl, drugs, dead poets
    SOUTH AFRICAN LIBRARY
    VERTAALVRUCHT
    FLEURSDUMAL POETRY LIBRARY - classic, modern, experimental & visual & sound poetry, poetry in translation, city poets, poetry archive, pre-raphaelites, editor's choice, etc.
    MODERN POETRY
    Walt, Carina van der

New on FdM

  1. Bert Bevers: Arbeiterstadt
  2. O. Henry (William Sydney Porter): The Gift of the Magi. A Christmas story
  3. Emily Pauline Johnson: A Cry from an Indian Wife
  4. Bluebird by Lesbia Harford
  5. Prix Goncourt du premier roman (2023) pour “L’Âge de détruire” van Pauline Peyrade
  6. W.B. Yeats: ‘Easter 1916’
  7. Paul Bezembinder: Nostalgie
  8. Anne Provoost: Decem. Ongelegenheidsgedichten voor asielverstrekkers
  9. J.H. Leopold: O, als ik dood zal zijn
  10. Paul Bezembinder: Na de dag

Or see the index

All categories

  1. AFRICAN AMERICAN LITERATURE (12)
  2. AUDIO, CINEMA, RADIO & TV (217)
  3. DANCE & PERFORMANCE (60)
  4. DICTIONARY OF IDEAS (202)
  5. EXHIBITION – art, art history, photos, paintings, drawings, sculpture, ready-mades, video, performing arts, collages, gallery, etc. (1,516)
  6. FICTION & NON-FICTION – books, booklovers, lit. history, biography, essays, translations, short stories, columns, literature: celtic, beat, travesty, war, dada & de stijl, drugs, dead poets (3,873)
  7. FLEURSDUMAL POETRY LIBRARY – classic, modern, experimental & visual & sound poetry, poetry in translation, city poets, poetry archive, pre-raphaelites, editor's choice, etc. (4,782)
  8. LITERARY NEWS & EVENTS – art & literature news, in memoriam, festivals, city-poets, writers in Residence (1,616)
  9. MONTAIGNE (110)
  10. MUSEUM OF LOST CONCEPTS – invisible poetry, conceptual writing, spurensicherung (54)
  11. MUSEUM OF NATURAL HISTORY – department of ravens & crows, birds of prey, riding a zebra, spring, summer, autumn, winter (184)
  12. MUSEUM OF PUBLIC PROTEST (145)
  13. MUSIC (222)
  14. NATIVE AMERICAN LIBRARY (5)
  15. PRESS & PUBLISHING (92)
  16. REPRESSION OF WRITERS, JOURNALISTS & ARTISTS (112)
  17. STORY ARCHIVE – olv van de veestraat, reading room, tales for fellow citizens (17)
  18. STREET POETRY (46)
  19. THEATRE (186)
  20. TOMBEAU DE LA JEUNESSE – early death: writers, poets & artists who died young (356)
  21. ULTIMATE LIBRARY – danse macabre, ex libris, grimm & co, fairy tales, art of reading, tales of mystery & imagination, sherlock holmes theatre, erotic poetry, ideal women (229)
  22. WAR & PEACE (127)
  23. WESTERN FICTION & NON-FICTION (23)
  24. · (2)

Or see the index



  1. Subscribe to new material: RSS

CARINA VAN DER WALT ESSAY: JEROEN BOSCH SE SKILDERYE

 carina_jbosch-101b

Op 9 Augustus sal dit presies vyfhonderd jaar wees dat die middeleeuse skilder Hieronymus Bosch oorlede is. Sy nalatenskap tel vierentwintig skilderye, twintig tekeninge en om nou maar ’n wilde sprong te maak: enkele Afrikaanse gedigte. Kenners kloof nogal hare oor die aantal skilderye en sketse. Versamelaars en museums se aansien en geld styg en val erger as op die aandelebeurs. Kontroversie en roem sorg daarvoor dat die 75 000 kaartjies wat gedruk is vir die tentoonstelling “Jheronimus Bosch – Visioenen van een genie” in ’s Hertogenbosch (Den Bosch) reeds uitverkoop is. Dié tentoonstelling duur tot 8 Mei. Op 31 Mei open die Nasionale Museum Prado in Madrid, met “Bosch – The Centenary Exhibition”.

As onderdeel van die vyfhonderd jaar vierings van Bosch se kunstenaarskap het sy Nederlandse geboortestad en die Noord-Brabants Museum saamgewerk om die Bosch Research and Conservation Project (BRCP) op te rig. Dit is hier waar wetenskap en kuns saamkom. En dít sorg vir beroering. Die BRCP is vyf jaar terug uit nood gestig om as ruilmiddel te dien vir soveel moontlik van Jeroen Bosch se oorspronklike werk met die oog op “ – Visioenen van een genie”. Daarvoor moes minstens museums soos die Prado, die Louvre in Parys en die National Art Gallery in London benader word. Dit was van die begin af duidelik dat Prado nie “De tuin der Lusten” – Bosch se meesterwerk – sou afstaan vir ´n tentoonstelling in Nederland of op enige ander plek nie. Te kwesbaar, was hulle verskoning. Bosch is eintlik ´n Spaanse skilder in hulle oë. Hulle noem hom El Bosco.

D.J. Opperman het gelukkig al in die bundel “Engel uit die klip” (1950) oor “De tuin der Lusten” geskryf en dit toeganklik gemaak vir Afrikaanse poësielesers, al het JEROEN BOSCH nooit so bekend geword soos “Draaikewers” en “Sproeireën” nie. Hy het die skildery as ’n onontkombaar bekoorlike nagmerrie beskryf. Vandag kan die detail van “De tuin der Lusten” op internet bestudeer word. Dan verstaan mens sommer baie beter Opperman se verwysings na “stekelige plante, voëls en mens” en “laat ons vlug uit die gebras / en skuil in mossel” en na “sweef in belle glas”. Hierdie aanhalings uit Opperman se gedig is almal bo-aan die artikel in ’n uitsnede van “Die tuin der Lusten” afgebeeld. Dis moeilik om ´n mens se oë daarvan los te skeur wanneer Bosch duiwelsadvokaat speel. Hy vra as kluisenaar en absolute eenling aandag vir die verval van morele waardes in sy tyd.

 

JEROEN BOSCH

Ydel is die wêreld, maar ydeler my gees,
wat om die dertig nagte in nagmerries
van stekelige plante, voëls en mens genees.

Uit ou en nuwe streke van die aarde kies
die duiwel al hoe lustiger vir my, vir jou,
vir die derduisende kostuum en mombakkies.

Dit trek stoete, kermis om die Kruis, wissel
van gedaante deur die eeue; maar die spel
bly steeds dieselfde in monnike, masjiene of dissel.

En ewig in die kringloop van die lus gevang
ry ons en kap die lieste van die hingste
om en om die kraaie op kaal vrouens in die dam.

Ag, Liefste! Kom dan, laat ons vlug uit die gebras
en skuil in mossel, horingpeul – en ver bokant
die kermis van die bose sweef in belle glas.

Want in my is die swaap, die visgelipte sot
wat elke toertjie van ’n towenaar befluit …
maar wonderwerke en Sy kruisiging bespot;

en, as ek God saam met Antonius aanroep,
is hy reeds daar wat van ’n nuwe geilte
roekeloos die eerste swaeltjies deur ’n tregter poep.

 

 carina_jbosch-102b

In strofe 4 fokus Opperman op die deel regs, skuins bokant die eerste gedetailleerde afbeelding. Dit word die Moredans genoem. Die dans vind plaas om die dam met die kaal vrouens en kraaie.

Bogenoemde twee afbeeldings is onderdele van die middelste paneel van “De tuin der Lusten”, wat eintlik ´n drieluik is. Die linkerkantste luik beeld die skepping van Adam en Eva uit. Die middelste luik beeld die aardse lewe as ´n tuin vol verleidings met eksotiese plante en diere, kaal mense, fabelagtige wesens en pienk fonteine uit. Dis hierdie luik wat die oorkoepelende naam “De tuin der Lusten” dra en waardeur Opperman verlei is om sy gedig JEROEN BOSCH te skryf. Die regterkantste luik beeld die hel uit. Die slotreël van die gedig verwys na ´n onderdeel uit die hel en word in die volgende afbeelding uitgebeeld.

 carina_jbosch-103b

Opperman se verwysing na Antonius roep die skildery “De verzoeking van de heilige Antonius” op. Dit is één van die werke wat ´n opskudding veroorsaak het. Die BRCP het ´n nuwe sisteem ontwikkel waarmee hulle die egtheid van al die Bosch-skilderye getoets het. Daarvolgens is “De verzoeking van de heilige Antonius” in Prado ´n vervalsing. Tegelykertyd het die BRCP het ook ´n egte skilderytjie uit 1500 – 1510 met dieselfde naam ontdek. Dit het in die Nelson-Atkins Museum of Art in Kansas City, Missouri, gehang, maar is nou op bruikleen in Den Bosch. Die BRCP het onder andere skildertegnieke vergelyk. Jeroen Bosch se handtekening is sigbaar gemaak met behulp van infrafrooi fotografie. Die Spanjaarde is woedend. Hulle het geweier om die bruikleenkontrak met die Noord-Brabantse Museum volledig uit te voer en twee skilderye teruggehou: “De verzoeking van de heilige Antonius” en “De Keisnijding”. Die twee weergawes van “De verzoeking van de heilige Antonius” verskil nogal. Hieronder is ´n afbeelding van die ontdekking in Missouri: net 38,6 by 25,1 sentimeter groot.

 carina_jbosch-104b

Gelukkig het Prado “De hooiwagen” (’n ander drieluik van Bosch) wél in bruikleen aan die Nederlandse museum toegestaan, maar ook hier was daar ´n slang in die gras. In plaas van om dit direk na die Noord-Brabantse Museum in Den Bosch toe te stuur, gaan maak “De hooiwagen” eers vir drie maande ´n draai in Museum Boijmans van Beuningen in Rotterdam! Dit het weer vir groot teleurstelling gesorg by die Noord-Brabants Museum, maar hulle hande was afgekap. Boijmans van Beuningen besit kosbaarder ruilware vir so ´n tipe transaksie as die BRCP.

Johan van Wyk se gedig oor “De hooiwagen” is in sy bundel “Deur die oog van die luiperd” (1976) gepubliseer. In hieronymus bosch se koringwa word die linkerkantste paneel in die eerste vyf strofes beskryf. Wat Van Wyk herkenbaar verwoord, is “die rebelse insekte swem in ’n boeg af” en ook “’n markvrou / tussen vrugtebome, God trou / adam en eva”.

Van Wyk gebruik aan die einde van strofe 2 ’n aanhaling van die relatief onbekende digter Gert Strydom. Dit is ’n intertekstuele standpunt in kontras met Breytenbach se beginreël “Dat pyn bestaan is onnodig Heer” uit breyten bid vir homself. Betrek Van Wyk ook in strofes 3 en 4 in die langer aanhaling vir Strydom? Of skryf hy eintlik die standpunt van Bosch neer wat die verdorwenheid van sy eie tyd uitbeeld in ewe verleidelike as bedreigende beelde? Wie is “God se raadgewer”? Waar die lang aanhaling met die eietydse opmerking “dis demokraties heer” vandaan kom, is onduidelik.

Net soos by “De tuin der Lusten” dra die middelste paneel die naam van die hele drieluik “De hooiwagen”. Op hierdie paneel begin Van Wyk se beskrywing regs onder by “die vet monnik” wat met ’n wynbeker in die hand sit en kyk na “die nonne wat die sakke… / vol koring maak”. Sentraal voor die koringwa in dié deel is ’n “broer wat sy broer keel- / af sny”. Eietyds interpreteer Van Wyk die karakters aan die linkerkant as “ministers met politieke kommentators” wat intertekstueel kan verwys na TT Cloete se gedig Behoefte aan ongunstige weers- en ander omstandighede. Ook die “vraatsugtiges wat onder die wiel omkom” en die “skare ongediertes” wat die koringwa in die hel in trek, is sigbaar op die middelste paneel.

 

hieronymus bosch se koringwa

die rebelse insekte swem in ’n boeg af
na die maagdrots, ’n markvrou
tussen vrugtebome, God trou
adam en eva, oproeriges word verban

na die aarde die paradys
terwyl hulle daal
kyk hulle met blitsende oë na die vrou, kaal
en dom, “dat pyn bestaan is nodig heer”

byt God se raadgewer hom in die oor,
“mag ons hulle kennis gee
dis demokraties heer, mag hulle naak
mekaar se vrugte aanraak

en vinnig die drif probeer toemaak met bak
hande, blare en lap, mag hulle pyn
hê, heer, en mag hulle inmekaar saak
in die stof, straf ons so, heer”

die hartseer engel met die swaard
jaag hulle uit, nog met skrik en slaap
in die oë, so het dit gekom dat almal loop
agter die koringwa: die nonne wat die sakke van die vet monnik

vol koring maak, ’n broer wat sy broer keel-
af sny, ministers met politieke kommentators
wat betaamlik volg en vraatsugtiges wat onder die wiele omkom
’n skare ongediertes leitrek die mensdom na die hel

dit is elke mens vir homself, met homself
selfs seks is net vir self, die wederhelf
word in die liefdestransaksie ingedans
en “ena gee raad” psigosofeer oor wat

ons moet maak met probleme
elke heerser is ’n antichris wat omsien
na sy mense se belange en sorg dat die wa van onenigheid
nie uit sig raak nie, en niemand

behalwe ’n engel kyk op na God
op ’n wolk bo al die gewoel, in die hel
is elkeen bang hy word nie meer verkrag of gemartel nie

want, dat pyn bestaan is nodig

 carina_jbosch-105b

Ook ander Afrikaanse digters soos W.E.G. Louw het oor Jeroen Bosch se werk geskryf.

Dat digters vandag nog in die ban van Bosch se skilderye nuwe gedigte skryf, is te verstane as mens na al hierdie afbeeldings kyk. Digters laat hulle bewustelik of onbewustelik verlei. ’n Gedig van ’n stadsgenoot wat verlede jaar op die tafel beland het by die “Literaire Salon in’t Wevershuisje”, is nié geskryf na aanleiding van ’n skildery van Bosch nie, maar verwoord baie tipiese Jeroen Bosch-beelde. Net soos Opperman beskryf  Jef van Kempen ’n droomwêreld aan die nagmerrie-agtige kant in sy volgende gedig:

 

Theater

Stel je voor: een toneel van dolende nachtvogels
boven een doorweekte woestijn, in een duister

hospitaal voor koortsige landlopers.
Stel je voor: een opera van rondborstige gedrochten,

verwekt in een glazen stolp, amechtig lispelend,
op kromme stelten strompelend, in een vuile

sneeuwjacht van de diepe winter.
Eind goed al goed vonden de trage doden hun draai

en bestegen, tegen de keer, het paard van Troje
en maakten hun dromen waar.

 carina_jbosch-106b

In die uitsnede van “De tuin der Lusten” hierbo is duidelik in strofe 1 ’n “dolende nachtvogel-” in die gedaante van ’n vet uil te sien (met alle simboliek verbonde aan uile soos erotiek en dwaasheid in die Middeleeue). Is hierdie mense op die afbeelding nie belustig – koorsig van lus en wellus, hoop en wanhoop nie? Strofe 3 begin met “verwekt in een glazen stolp”. Inderdaad. In die middel is drie mense onder ’n soort deurskynende klokkie met mekaar besig. Selfs die Moredans wat Opperman ook beskryf het, kry ’n plekkie in Van Kempen se gedig met “Eind goed al goed vonden de trage doden hun draai / en bestegen, tegen de keer, het paard van Troje” (Strofe 4-5).

Bernard Odendaal het die gedig van Van Kempen in Afrikaans vertaal. Vertalings is vir digters soos toonlere vir komponiste. Oefenlopies. Woorde soos “landlopers” en “amechtig” moes vir Odendaal nogal moeite gekos het. Deur vertalings soos hierdie word die Afrikaanse poësie verryk.

 

Teater

Stel jou voor: ’n toneel van dolende nagvoëls
bokant ’n deurweekte woestyn, in ’n donker

hospitaal vir koorsige boemelaars.
Stel jou voor: ’n opera van rondborstige gedrogte

verwek onder ’n glasstolp, uitasem lispelend,
op krom stelte strompelend, morsig aan die

jag in die diepwintersneeuw.
Einde goed alles goed kry die trae dooies hul draai

en bestyg, dwarstrekkerig, die perd van Troje
en maak hulle drome waar.

 

Laat digters na Afrikaans toe vertaal en verhinder hulle kinderlike verwondering en bemoeienis nié. Speel ek duiwelsadvokaat?

CARINA VAN DER WALT

 

Carina van der Walt over Jeroen Bosch
Thursday, March 31st, 2016
Eerder gepubliceerd in: Versindaba – ‘n Kollektiewe weblog vir die Afrikaanse digkuns –
http://versindaba.co.za/2016/03/31/carina-van-der-walt-jeroen-bosch-se-skilderye/
Carina van der Walt – Jeroen Bosch – D.J. Opperman – Johan van Wyk – Gert Strydom – Breyten Breytenbach – W.E.G. Louw – TT Cloete – Jef van Kempen – Bernard Odendaal

fleursdumal.nl magazine for art & literature

More in: # Archive S.A. literature, Bernard Odendaal, Breyten Breytenbach, Carina van der Walt, DICTIONARY OF IDEAS, Jef van Kempen, Jheronimus Bosch, Kempen, Jef van, Literaire Salon in 't Wevershuisje, T .T. Cloete, VERTAALVRUCHT, Walt, Carina van der

Previous and Next Entry

« | »

Thank you for reading Fleurs du Mal - magazine for art & literature