Carina van der Walt: gedicht ‘Madiba’
Madiba
Mohammad Ali staan kopskud-kopskud
geboë oor die bed van sy ou skermmaat
saam het hulle die fyn voetwerk van die kryt
geleer & die lees van presies die regte tyd
as swaargewigte kon hulle goed mik raak slaan
maar veral wys & strategies ontwyk
dans-dans koes vir die uitklophou van die tyd
Gedicht van Carina van der Walt
Naar aanleiding van het overlijden van Nelson Mandela (Madiba)
5 december 2013
fleursdumal.nl magazine
More in: Carina van der Walt, Walt, Carina van der