In this category:

    LITERARY NEWS & EVENTS - art & literature news, in memoriam, festivals, city-poets, writers in Residence
    Art & Literature News
    FICTION & NON-FICTION - books, booklovers, lit. history, biography, essays, translations, short stories, columns, literature: celtic, beat, travesty, war, dada & de stijl, drugs, dead poets
    SOUTH AFRICAN LIBRARY
    Literaire Salon in 't Wevershuisje
    FICTION & NON-FICTION - books, booklovers, lit. history, biography, essays, translations, short stories, columns, literature: celtic, beat, travesty, war, dada & de stijl, drugs, dead poets
    SOUTH AFRICAN LIBRARY
    VERTAALVRUCHT

New on FdM

  1. Fame is a bee by Emily Dickinson
  2. Ask me no more by Alfred Lord Tennyson
  3. Keith Douglas: How to Kill
  4. Christine de Pisan: Comme surpris
  5. Conrad Ferdinand Meyer: In der Sistina
  6. Emma Lazarus: Age and Death
  7. William Blake’s Universe
  8. Natalie Amiri & Düzen Tekkal: Nous n’avons pas peur. Le courage des femmes iraniennes
  9. Much Madness is divinest Sense by Emily Dickinson
  10. Death. A spirit sped by Stephen Crane

Or see the index

All categories

  1. AFRICAN AMERICAN LITERATURE (11)
  2. AUDIO, CINEMA, RADIO & TV (217)
  3. DANCE & PERFORMANCE (59)
  4. DICTIONARY OF IDEAS (178)
  5. EXHIBITION – art, art history, photos, paintings, drawings, sculpture, ready-mades, video, performing arts, collages, gallery, etc. (1,498)
  6. FICTION & NON-FICTION – books, booklovers, lit. history, biography, essays, translations, short stories, columns, literature: celtic, beat, travesty, war, dada & de stijl, drugs, dead poets (3,776)
  7. FLEURSDUMAL POETRY LIBRARY – classic, modern, experimental & visual & sound poetry, poetry in translation, city poets, poetry archive, pre-raphaelites, editor's choice, etc. (4,699)
  8. LITERARY NEWS & EVENTS – art & literature news, in memoriam, festivals, city-poets, writers in Residence (1,604)
  9. MONTAIGNE (110)
  10. MUSEUM OF LOST CONCEPTS – invisible poetry, conceptual writing, spurensicherung (54)
  11. MUSEUM OF NATURAL HISTORY – department of ravens & crows, birds of prey, riding a zebra, spring, summer, autumn, winter (177)
  12. MUSEUM OF PUBLIC PROTEST (137)
  13. MUSIC (216)
  14. PRESS & PUBLISHING (90)
  15. REPRESSION OF WRITERS, JOURNALISTS & ARTISTS (112)
  16. STORY ARCHIVE – olv van de veestraat, reading room, tales for fellow citizens (16)
  17. STREET POETRY (46)
  18. THEATRE (185)
  19. TOMBEAU DE LA JEUNESSE – early death: writers, poets & artists who died young (348)
  20. ULTIMATE LIBRARY – danse macabre, ex libris, grimm & co, fairy tales, art of reading, tales of mystery & imagination, sherlock holmes theatre, erotic poetry, ideal women (223)
  21. WAR & PEACE (125)
  22. · (2)

Or see the index



  1. Subscribe to new material: RSS

Literaire Salon in’t Wevershuisje

vertaalvruchtlog4

Literaire Salon in’t Wevershuisje

Literaire Salon in’t Wevershuisje het ontstaan op inisiatief van die Afrikaanse digteres, Carina van der Walt. Sy woon in Tilburg in die suide van Nederland en op die grens met België. Dit is ’n privaat inisiatief.

Literaire Salon in’t Wevershuisje vind tuis plaas by Vander Walt, gebeur op kort kennisgewing en op uitnodiging – hoogstens twee maal per jaar. Die salon is bedoel as ’n intieme ontmoetingsruimte vir digters uit Nederland, België en Suid-Afrika. By uitsondering sal ook kortverhaalskrywers en kinderboekskrywers uitgenooi word. Die intimiteit van die byeenkoms word versterk deurdat daar van die skrywers verwag word om mekaar se werk te vertaal of dat ander aanvullende kreatiewe reaksies rondom mekaar se werk voor die ontmoeting onderneem word. Dit moet dan tydens die byeenkoms ten toongestel word.

Die eerste Literaire Salon in’t Wevershuisje was op 30 Junie 2013 na aanleiding van die bloemlesing Nuwe Stemme 5 waarin Carina van der Walt opgeneem is, en Theater van de Verloren Tijd – ’n bloemlesing saamgestel deur Floris Brown waarin Willy Martin, Sjon Brands en Carina van der Walt opgeneem is. Heilna de Plooy se besoek aan Nederland was die vonkie vir hierdie eerste literêre salon. Alle literêre salonne in’t Wevershuisje in die toekoms sal uitgaan van ’n Suid-Afrikaanse skrywer se besoek aan Nederland of België uit een van bogenoemde genre’s.

Sewe digters het die eerste Literêre Salon in’t Wevershuisje bygewoon: Heilna de Plooy (Potchefstroom, SA), Willy Martin (Leuven, België), Emma Crebolder (Maastricht, Nederland), Kreek Daey Ouwens (Eindhoven, Nederland), Jace van de Ven (1ste stadsdigter van Tilburg, Nederland), Jef van Kempen (literêre webmeester en digter Tilburg, Nederland), Sjon Brands (kunstenaar en digter, Tilburg, Nederland).

waltcarinavander 01

carina van der walt

Crebolder was die allereerste stadsdigter van die Nederlandse taalgebied in 1993 vir Venlo. Sy skryf op die oomblik aan nommer drie van ’n drieluik digbundels oor oudword. Daey Ouwens het landwyd bekend geword toe sy genomineer is vir die VSB-poësieprys in 2009. Martin het sy eerste digbundel in 2011 gepubliseer, nadat hy as hoofredakteur byna twaalf jaar lank verantwoordelik was vir ANNA – die eerste Afrikaans/Nederlands – Nederlands/Afrikaanse woordeboek. Sjon Brands en Dorith van der Lee was al as teatergroep Theater van de Verloren Tijd gaste by Woordfees in Stellenbosch. Jef van Kempen se poësie webwerf geniet aantoonbare aansien in Europa.

Behalwe vir nuwe vriendskappe en literêre kontakte, het Jace van de Ven spesiaal ’n likeur gestook vir Carina van der Walt se deurbraak as Afrikaanse Nuwe Stemmer van Tilburg. Dit is tipies Brabantse hartlikheid, wat ekstra sjarme aan so ’n middag verleen het. Almal teenwoordig moes daarvan proe. Intussen is die eerste vrugte van die Literaire Salon in’t Wevershuisje reeds gepubliseer. Dit is Willy Martin se vertaling van Heilna de Plooy se gedig Lemoene 1 in die literêre tydskrif Ambrozijn uit Ieper.

fleursdumal.nl magazine

More in: Art & Literature News, Literaire Salon in 't Wevershuisje, VERTAALVRUCHT

Previous and Next Entry

« | »

Thank you for reading Fleurs du Mal - magazine for art & literature